1. When did you start with Triathlon

Ek het eers 9 jaar terug begin fiets ry, om en by 4 jaar later het ek besluit ek sal ook graag wil  probeer swem en later het ek besluit ek kan dan seker maar hardloop ook. En met OTB se events wat na baie fun gelyk het, het ek probeer om die 3 dissiplines saam te probeer. Ek geniet dit baie, die  afwisseling van die sportsoorte maar ook die uitdaging om al drie agtermekaar te doen.  Junie 2019 waag ek toe my eerste groot uitdaging – IM70.3 in Durban.Die gevoel om daar te staan en deel te neem en dan natuurlik om klaar te maak, die vriendskap, die komraderie en die hulp en motivering van ander atlete Is onvergeetlik en het gemaak dat ek dit graag weer wil beleef. Maar toe kom Corona….. 

  1.    Did you start with other sport, before starting with triathlon and what lessons did you learn to help you with triathlon.

My groot liefde is Karate. Ek beoefen dit steeds en is dankbaar vir alles wat hierdie gevegskuns my geleer het en die plekke wat ek gesien het, met seker die grootste inspirasie die klein eiland Okinawa. Daar is geen limiet aan ’n mens se vermoë, jy pas net aan by jou eie omstandighede en gesondheid en ouderdom en ja “giving up is not an option”. 

  1. You Qualified for the IM 70,3 world champs in September 2021 in Utha, tel us more about how you achieved that.  
    In Januarie hierdie jaar kom ek af  op  ’n post wat vra of mense sou belangstel in IM70.3 Dubai. Na al die beperkings ’n wonderlike geleentheid om uiteindelik uit te kom en onmiddellik het ek aangemeld en kort daarna is ek meegedeel ek kan deel neem. Dit was ’n baie impulsieve besluit, maar ek het geen berou  want met hulle “roll out” vir ’n slot in die wereldkampioenskap was ek wragtig so gelukkig om daardie slot in my ouderdomsgroep te kry.
  2. What discipline do you enjoy the most
    Fiets bly maar die wenner.


    6.Any advise for newcomers
    Voorbereiding is so belangrik om ’n triathlon ten volle te geniet. Vind uit so veel as moontlik voor die tyd, kry alles reg vir die dag en vermy gejaag en onsekerheid op die oggend van jou deelname. 

     

  3. Wat is jou motto
    “Success isn’t overnight. It’s when everyday you get little bit better than the day before.”
X